Brug tussen Hartenbos en Riverside is gesluit!

Die brug tussen Hartenbos en Riverside op die R102 oor die Klein-Brakrivier sal vanaf vandag, 1 Februarie gesluit wees aangesien herstelwerk aan die waterpyplyn gedoen word. Die herstelwerk sal ongeveer 6 weke duur. Motoriste word gevra om die ompad op die N2 te gebruik.

Mossel Bay Advertiser