Aardbewing skud Oudtshoorn en George

NASIONALE NUUSFLITS - Die Kango-grotte is gesluit na ‘n aardbewing omstreeks 08:20 gister oggend, 18 Oktober, in die Oudtshoorn-omgewing. Die aardbewing het 3,5 op die Richterskaal gemeet.

Gerard Otto, hoof van Eden-distriksmunisipaliteit se rampbestuur, het bevestig dat die trilling tot in George gevoel kon word. "Ek het aanbeveel dat die Kango-grotte gesluit word as ‘n voorsorgmaatreël," het Otto gesê.

Vanuit De Hoek (Gamka) is ook bevestiging ontvang dat die aardbewing daar gevoel kon word.

Otto het gesê hy wag vir bevestiging van enige skade en ook die punt van oorsprong van die aardbewing.

Enigiemand met meer inligting of wat skade opgedoen het weens die skudding, kan vir Christo Vermaak by die Oudtshoorn Courant, bel by 044 272 8919.

Meer volg soos inligting bekend raak.