Dolf se Stasie

Baie welkom by Dolf se Stasie, Kroeg en Restaurant, in die mooie vakansiedorp, Hartenbos!

In 2010 het Dolf en Linda de Jager asem ingeblaas in die gebou van die ou treinstasie op Hartenbos. Vandag staan hy bekend as Dolf se Stasie, of soos die locals hom noem ‘die stasie’. Hier is enige een welkom en ‘n plek waar jy met die instapslag tuis voel! Kom geniet ‘n heerlike steak, voorberei soos jy daarvan hou, klink ‘n glasie of skop jou skoene uit vir ‘n skoffel.

Hierdie kroeg en restaurant is die eienaars (en baie van die locals) se trots en iets wat van niks af, nou baie se tuiste is. Met die gemaklike atmosfeer wat ‘die stasie’ bied is dit ‘n plek waar almal welkom voel. Ons waarborg jou ‘n lekker tyd en ‘n goeie gehalte bord kos, teen bekostigbare pryse. Probeer gerus die Calamari, Hoender Schnitzel of Mushroom Melt Burger. Ons hoor dit is die beste wat daar is! Al ons etes word met liefde voorberei deur Linda en haar span, Jessica en Wilene.

Dolf is ongelukkig in 2013 oorlede, maar hy het diep spore in baie mense se harte getrap. Linda het alleen die voortou gevat en is ‘n ware voorbeeld vir haar kinders. Dolf en Linda se jongste seun, Tiaan, het in 2019 sy ma kom ondersteun om haar die rus te bied wat sy verdien. Tiaan bou nou volstoom voort op die ‘legacy’ wat sy pa gelos het.

Ons nooi jou uit, kom kuier vir ons by ‘die stasie’. Ons is mense-mense, sonder ‘fancy’ dinge. Los jou judgements by die huis en kom geniet maklike mense in ‘n kroeg-atmosfeer saam. Wees wie jy is en knoop ‘n geselsie aan met enigeen. Dit is wat Dolf se Stasie uniek maak - daar is ‘n plekkie vir elkeen in ‘die stasie’.

Dolf se Stasie Restaurant en Kroeg
Port Natal Weg
Hartenbos, WC
South Africa
34° 7' 44.0472" S, 22° 6' 45.4392" E
Javascript is required to view this map.

Contact

Telephone: 
044 695 4166

Die heerlikste kos teen bekostigbare pryse en Platters op aanvraag!!

Dolf se Stasie Restaurant en Kroeg

Een van die gewildste kuierplekke in Hartenbos omgewing. Ons bied Pooltafels, 2 x Big Screens, Live Music en 'n Jukebox !

Dolf se Stasie Restaurant en Kroeg

FREE VENUE !!! -Vir privaat funksies en partytjies met kontant kroeg !

Dolf se Stasie Restaurant en Kroeg

Directions:

Please provide a location where you would like directions from:

From:    To: 
Language: 

Map Directions